Tuisblad.
Klubinfo.
Klubwedlope.
Sosiale aktiwiteite.
Landloop.
Wedloopstatistiek.
Kontak ons.

Last updated on 2011/10/22

Tuisblad.Klubinfo.Klubwedlope.Sosiale aktiwiteite.Landloop.Wedloopstatistiek.Kontak ons.
Tuisblad
Latest news...
RACE CALENDER 2011 NEW.xls
LINKS
Our Main Sponsors
AGN

WEDLOOPSTATISTIEK

 

Die klub het ‘n sisteem waarvolgens statistiek gehou word van alle wedlope (indien die uitslae daarvan aan ons statistikus beskikbaar is). Elke atleet se tye oor die verskillende afstande word aangeteken en is dus beskikbaar. Daar moet asb onthou word dat die klub hoofsaaklik konsentreer op uitslae wat op internet verskyn en wat deel uitmaak van die Atletiek Gauteng Noord padwedloopprogram - sulke statistiek sal outomaties deur ons statistikus verwerk word.

 

Groter wedlope in ander provinsies (bv Comrades, Two Oceans, Om die Dam, Loskop, ens) sal ook verwerk word.

Dit bly egter elke lid se eie verantwoordelikheid om sy statistiese gegewens wat in die nuusbrief verskyn, na te gaan om seker te maak dat dit korrek is. Bewys van uitslae moet ook voorgelê word indien lede aan enige wedlope deelneem waarvan ons nie die uitslae beskikbaar het nie.

 

Die feit bly: die statistikus (Louis Conradie - 082 445 3304) kan nie elke wedloop in die land nagaan om te sien of daar iemand van Akasia gehardloop het nie.

 

Hierdie statistiese gegewens word aan die einde van die jaar gebruik wanneer sertifikate en trofees vir bepaalde prestasies toegeken word.

 

 

 

Sien info oor “Akasia TOP 10”
Top 10 berekening