


Last updated on 2011/10/22




WONDERPARK AKASIA 3 IN 1
Een van die klub se grootste projekte elke jaar is die aanbied van die ‘Akasia 3 in 1' padwedloop wat deel uitmaak van die Atletiek Gauteng Noord padwedloopprogram. Ons mikpunt is om dit vanjaar weer een van die topwedlope in Pretoria te maak en daarvoor het ons almal in die klub se ondersteuning en samewerking nodig. Baie dankie aan Wonderpark vir hulle bydrae tot die wedloop.
AKASIA DAWN 2 DUSK 12 hour circuit race
Die ‘AKASIA DAWN 2 DUSK' wedloop vind plaas op die laaste Saterdag van Augustus 2011, by Hoërskool Akasia. Baie dankie aan OCULAR TECHNOLOGIES vir hulle bydrae tot die wedloop.



