Tuisblad.
Klubinfo.
Klubwedlope.
Sosiale aktiwiteite.
Landloop.
Wedloopstatistiek.
Kontak ons.

Last updated on 2011/10/22

Tuisblad.Klubinfo.Klubwedlope.Sosiale aktiwiteite.Landloop.Wedloopstatistiek.Kontak ons.
Tuisblad
Latest news...
RACE CALENDER 2011 NEW.xls
LINKS
Our Main Sponsors
AGN

KLUBLIDMAATSKAP EN KLUBLEDEGELD - 2011

Die klub maak voorsiening vir die volgende lidmaatskapopsies.

 

  • Eerste/enigste (volle) lid van gesin  R 300 per jaar per lid.
  • Verdere (volle) lede van gesin        R 270 per jaar per lid
  • Grootmeesters / Pensioenarisse     R 200 per jaar per lid
  • Studente R 170 per jaar per lid
  • Skoliere  R 120 per jaar per lid

 

Die volgende voorwaardes is van toepassing:

 

Lede se AGN-lisensienommer vir 2011 is hierby ingesluit - die koste hieraan verbonde is R120 per lisensie, wat direk deur die klub aan AGN oorbetaal word. Klubklere en kategoriekentekens word nie hierby ingesluit nie. Lidmaatskap is vooruit betaalbaar by registrasie. Junior lede moet met 'n rooi  “J”op hulle frokkie hardloop om in aanmerking te kom as 'n junior.

 

Alle lede kan die jaareindfunksie bywoon. 'n Klein finansieele bydrae sal van 2011 gevra word per lid. Volle (junior) lede is ook geregtig op finansiële ondersteuning van die klub (soos deur die bestuur bepaal) indien hulle kwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem.

 

Daar word van alle lede verwag om beskikbaar te wees vir hulp tydens die Akasiawedlope wat op 22 Januarie 2011 en 27 Augustus 2011 plaasvind. Geen lid van die klub mag aan die Wonderpark Akasia 3 in 1 (22 Jan 2011) deelneem nie, behalwe met toestemming van die klubbestuur. Klublede mag wel deelneem aan die Akasia Dawn 2 Dusk (einde Augustus).